Hertog van Cambridge

Hertog van Cambridge
Die wapen van prins William, Hertog van Cambridge.
Die wapen van prins William, Hertog van Cambridge.
Geskep 29 April 2011 (vyfde keer)
Monarg Elizabeth II
Eerste houer James Stuart
Huidige houer Prins William
Ander titels Graaf van Strathearn
baron Carrickfergus
Status In gebruik
Die Hertog en Hertogin van Cambridge.

Die Hertog van Cambridge is ’n oorerflike Britse adellike titel. Die titel (genoem na die stad Cambridge in Engeland) word geërf deur manlike afstammelinge van die titelhouer deur eersgeboortereg.

Die titel dateer van die 17de eeu en het die vroeëre titel Graaf van Cambridge vervang. Die titel was verskeie kere in onbruik voordat dit op 29 April 2011 weer ná meer as 100 jaar aan prins William toegeken is op die dag dat hy met Kate Middleton getrou het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search